Randall Wicomb’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African singer
Was Singer 
From South Africa 
Type Music 
Gender male
Birth 30 January 1949
Death 27 December 2015, Stellenbosch, South Africa
(aged 66 years)
Star sign Aquarius
Instruments:
Voice

Randall Charles Wicomb (* 30 Januarie 1949; † 27 Desember 2015) was ‘n Afrikaanse sanger en driemalige wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie (1975, 1976 en 1977).

Lewensgeskiedenis

Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Na skool doen hy militêre opleiding in die Valskermbataljon. Hy behaal die graad B.Sc Honneurs (Ekologie) aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy kortstondig klasgee aan die Hoërskool Durbanville en Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch.

Hierna bekwaam hy homself as kopersmid by Pieter van Dijk se ateljees in Kaapstad waarna hy volwaardige kopersmidwerk as kuns en opdragwerk beoefen. Hy was ook ‘n ywerige antieke glasbottel-/artefakteversamelaar en het ook metaalverklikkeropsporing as stokperdjie beoefen.

Uit sy huwelik met Koba is drie kinders gebore en sy en die drie kinders Pierre-Henri, Saskia en Kobâ het as hele gesin gesamentlik of indiwidueel saam met hom opgetree.

Siekte en afsterwe

Hy is in 2013 met prostaatkanker gediagnoseer. Sy lewensverhaal, getiteld “Kleur – my lewe, my lied”, is deur die bekende Pretoriase uroloog, dokter Amos van der Merwe, geskryf.

Op 27 Desember 2015, as gevolg van die kanker, sterf Randall Wicomb omstreeks 03:45 in sy huis te Stellenbosch.

Diskografie

  • Kalaharikrismis
  • Hie Langes My
  • Oos Wes, Tuis Bes, 16 gedigte van ADAM SMALL met toonsettings deur Randall Wicomb
  • Die Blink Vosperd
  • Griekwa Psalms
  • Hie Neffens My
  • Uiteindelik
  • Die Rooi Rok
  • Hiep-Hiep-Hoera!
  • Hartland
  • Die boerklong se baadtjie staan punt in die wind
  • Sê Dit
  • Die boerklong se baadjie staan punt in die wind, kasset
  • Kleur

Sien ook

  • Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels

  • Randall Wicomb se amptelike webtuiste
  • Snoektyd in die Kaap op YouTube
  • Dans Met die Rooi Rok op YouTube
You May Also Like