Suna de Villiers’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African writer
Is Writer 
From South Africa 
Type Literature 
Birth 1916

Suna de Villiers (1916–2007) was ‘n Afrikaanse skryfster van kinderlektuur en was getroud met die taalkundige Meyer de Villiers.

Lewe en werk

Susanna Margaretha Zondagh (Suna) Dreyer is op 25 Mei 1916 in Kaapstad gebore. Haar ouers is Andries Jacobus Dreyer en Helena Susanna Raubenheimer. Sy het twee broers en uit haar pa se vorige huwelik het sy vyf halfbroers en drie halfsusters gehad. Sy ontvang haar skoolopleiding aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in die stad. Ná skool studeer sy aan die Universiteit Stellenbosch en is een van die eerste studente wat in maatskaplike werk opgelei word. Sy is getroud met die bekende taalkundige Meyer de Villiers en hulle het ’n seun en vier dogters. Die laaste 5 jaar van haar lewe woon sy in ‘n aftree-oord in Swellendam, waar sy op 2 Mei 2007 oorlede is.

Skryfwerk

“Haai Selina, jok jy nie?” is ’n kinderboek met illustrasies deur Cora van Eeden. Van haar kinderversies word opgeneem in die versamelbundel “Nuwe Kleuterverseboek”. Sy vertaal Thea Dubelaar se “Nettie” en Charles Shields se “Bouers van die moderne beskawing” in Afrikaans en saam met haar man vertaal sy ook “Fabels en legendes” van Bruno Nardini uit Italiaans na Afrikaans.

Publikasies

Jaar Publikasies
1965 Haai Selina, jok jy nie?
Vertalings
1960 Bouers van die moderne beskawing: Geskiedenis vir standerd ses –

Charles Shields

1981 Fabels en legendes – Bruno Nardini (saam met Meyer De Villiers)

Nettie – Thea Dubelaar

Bronnelys

Boeke

  • “Stellenbosse Galery”. HAUM-Uitgewers. Kaapstad en Pretoria. 1974

Internet

  • Geni: https://www.geni.com/people/Susanna-Margaretha-Zondagh-Suna-De-Villiers/6000000029406494789
  • Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/devillierss.html
You May Also Like